Ons span

Vooraanstaande spesialiste wat jou belange op die hart dra

Met dekades se gekombineerde ervaring bring ons span spesialiste ‘n uiteenlopende reeks vaardighede en kundigheid na die tafel. Of dit nou aftreebeplanning, beleggingstrategieë, belastingoptimalisering, boedelbeplanning of risikobestuur is, ons bied holistiese finansiële beplanning en advies wat na jou unieke behoeftes en aspirasies omsien.

Besturende Direkteur

Nico van Gijsen, CFP®, GTP(SA)™

Nico van Gijsen het ‘n huishoudelike naam geword met sy insiggewende artikels in die Sake Rapport en Landbouweekblad. Hy is ook ‘n geregistreerde finansiële beplanner en die besturende direkteur van Finlac.

Uitvoerende Direkteur: Regsdienste

Franscois van Gijsen, CFP®, FPSA®, CTA™

As gekwalifiseerde prokureur en aktebesorger, geregistreerde belastingpraktisyn sowel as geregistreerde finansiële beplanner, is Franscois werksaam as finansiële beplanner en belastingkonsultant by Finlac sedert 2007.

Uitvoerende Direkteur: Trustdienste

Louis van Vuren, CFP®, FPSA®, TEP

Louis van Vuren is ‘n bekende en gerespekteerde naam onder finansiële beplanners. As trust- en erfregspesialis behartig hy Finlac se holistiese boedelbeplannings. Hy is ook die Hoof Uitvoerende Beampte van FISA.

Finansiële Beplanner

Kerry Clover, RFP™

Kerry is ‘n ervare finansiële beplanner met ‘n lang loopbaan in die finansiële dienste bedryf. Sy is ‘n lid van die Financial Planning Institute (FPI) en werksaam as finansiële beplanner by Finlac sedert 2014.

Finansiële Beplanner

Yolande van Gijsen, CFP®

Yolande se jare lange ervaring in die mediese skema bedryf dien as goeie fondasie vir haar loopbaan in die finansiële dienste bedryf. Sy is ook ‘n geregistreerde finansiële beplanner en werksaam by Finlac sedert 2009.

Regskonsultant

Chrisme Walker, LLB

Chrisme het nog altyd geweet dat sy in die regte wil werk. Aangespoor deur haar sterk toegewydheid om ander te help, het sy haar LLB in 2012 verwerf. Haar regskennis word nou aangewend om kliënte te help om ‘n toekoms gevul met finansiële sekuriteit en gemoedsrus te bou.

Is jy ernstig oor jou welvaart?

Gesels vandag nog met een van ons adviseurs

Scroll to Top