Versekering

Gepaste voorsiening vir onsekere gebeure

Finlac bied aan kliënte versekeringsprodukte deur sy voorkeur produkverskaffers (Old Mutual, Sanlam en Momentum) in gevalle waar geskikte produkte benodig word om spesifieke finansiële behoeftes aan te spreek.

Versekering is byna sonder uitsondering die goedkoopste en sekerste manier om finansiering te skep vir jou finansiële risiko’s, soos sterfte, ongeskiktheid, gevreesde siekte, inkomsteverlies, of funksionele inkorting.

Gesels gerus met ons oor:

  • Kapitaal-voorsiening vir likiditeit in jou boedel
  • Koop-en-verkoopversekering
  • Sleutelpersoonversekering
  • Verband en skuldversekering Korttermynversekering, insluitend individuele versekering en kommersiële versekering

Is jy reg om jou reis saam met ons te begin?

Stuur vir ons jou besonderhede asook ‘n kort opsomming van jou behoeftes.

Of gesels met een van ons adviseurs

Tel: 021 461 2067

Kontak ons

Scroll to Top