Beleggings en Aftrede
Gebalanseerde advies wat jou
werklike behoeftes aanspreek
Die geheim van spaar lê daarin dat jy geld wat jy verdien het moet losmaak om vir jou kapitaalgroei te bied. Dit is hoe rykdom geskep word, want geld slaap nooit. As jy dit nie vir jou laat werk nie, gaan dit dood.
Wanneer jy by aftrede kom, moet jy seker wees dat dit wat jy bymekaar gemaak het nie verlore sal gaan nie, want jy gaan nie weer die geleentheid kry om bymekaar te maak nie.
Die belangrikste keuse in enige belegging is jou beplanner. Met Finlac het jy die gemoedsrus van ‘n hoë vlak van kundigheid, onafhanklik van enige produkverskaffer. Dit verseker dat jy gebalanseerde advies en ‘n beleggingsportefeulje wat jou werklike behoeftes aanspreek.
Gesels gerus met ons oor:
- Die skep van welvaart vir jou en jou naasbestaandes
- Beplanning rondom aftrede
- Belastingvraagstukke rondom beleggings
- Keuse van beleggingsfondse en portefeulje-samestelling
- Deurlopende monitering van beleggings